In Moods of Nature gebruik Heinrich van den Berg sy unieke styl om die natuurlewe met swart-wit fotografie vas te vang. Die foto’s word aangevul deur agter-die-skerm-notas wat nuwe betekenis daaraan gee. Volg hom deur Kenia, Madagaskar, Zambië, Namibië, Zimbabwe en Suid-Afrika. Heinrich is ’n top-natuurfotograaf en is al verskeie kere eervol vermeld in die Natuurfotograaf van die jaar-kompetisie. Moods of Nature is ’n pronkboek in swart, wit en oranje en onmisbaar vir enige natuurliefhebber se Kerskous.
Gerald Hinde en Will Taylor se boek The Big Five het meer as ’n dekade gelede verskyn. Dit was ’n blitsverkoper, en sederdien werk hulle aan ’n opvolgboek, The Big Seven, gewerk, oor die Groot Vyf, jagluiperds en wildehonde. Die boek bevat’n versameling van Gerald se nuutste foto’s wat hy op plekke soos die MalaMala-wildreservaat in Mpumalanga en Masai Mara geneem het. Will vertel die stories agter die foto’s in ’n interessante en humoristiese styl, en gee diepte aan ’n boek wat nie net mooi is om na te kyk nie, maar ook genoeg inligting het om jou lank te vermaak. As jy die boek nou bestel, het jy die kans om drie nagte se verblyf vir twee mense by MalaMala ter waarde van R77 700 te wen. Moenie hierdie kans misloop nie.